Share This Post

Flocabulary: Opvoedkundige Hip-Hop

Flocabulary: Opvoedkundige Hip-Hop

Flocabulary: Kurrikulumverwante rap-video’s

In Suid-Afrikaanse skole sit daar baie leerders wat verskriklik verveeld is met die inhoud van die kurrikulum wat vir hulle geleer word, asook die manier waarop dit aangebied word. Ons almal is nie waaghalse onnies wat op ons tafels gaan staan en snaakse dinge aanvang nie, maar gelukkig is daar baie aanlyn-hulpbronne, soos Flocabulary, wat jou lesse dalk ‘n bietjie meer interessant kan maak.

Flocabulary is ‘n reeks video’s wat vir Amerikaanse binne-stedelike skole gemaak is. Hierdie skole word gekenmerk deur hul ‘stoute’ kinders, lae standaarde en aaklige druipsyfers. Klink bekend, nè? Die vervaardigers het begin om rap-liedjies te skryf om leerders meer geïnteresseerd in die werk te maak, en dit het gewerk! Hulle noem dit opvoedkundige Hip Hop. Die video’s fokus veral op woordeskatuitbreiding, vir Engelse leerders, van laerskool tot hoërskool om beter op gestandardiseerde toetse (soos tant ANA) te vaar. Daar is egter ook video’s wat fokus op Geskiedenis, Aardrykskunde, Lewensvaardighede, Wiskunde en meer – alles in rapliedjies!

Ek gee nou nie by ‘n moeilike skool skool nie, maar ek het dit destyds gebruik om my Geskiedenis-lesse ‘n bietjie meer interessant te maak – daar is video’s oor die Wêreldoorloë en die Industriële Omwenteling. Om my leerders ander vaardighede aan te leer soos hoe om notas te neem en op te voed oor boelie-gedrag en goeie Digitale Burgerskap (jou aanlyn-gedrag), het ek ook van die video’s gebruikgemaak. Hulle het dit so geniet dat hulle nog vir dae lank die liedjies gesing het. ‘n Paar van my graad 8s het ook gesê dat hulle die oorsake van die Eerste Wêreldoorlog deur die liedjies gememoriseer het vir die eksamen. Die liedjie het sommer in hulle koppe vasgesit gedurende die eksamen!

Wanneer jy vir die volledige pakket aansluit is dit nogal duur, maar jy daar is ‘n toetsperiode wat jy gratis die webtuiste kan gebruik. Wat ook oulik is, is dat daar aflaaibare werkkaarte, lirieke en interaktiewe inligting oor elke tema is. Dis nou wel in Engels, maar baie van ons onderrig in Engelse skole en ons Afrikaanse kindertjies verstaan ook darem Engels.

Klik hier om na die gratis “Walk Like an Egyptian” te kyk oor Antieke Egipte. Dit gaan definitief in jou kop vassit.

Flocabulary aanlyn videos

Onthou, vir jou klink dit dalk na ‘n geraas, maar ons kinders leer op verskillende maniere. Lees bietjie hierdie artikel oor Gardner se Meervoudige Intelligensies as jy dalk daarvan vergeet het.

Lekker rap!

Ander artikels en hulpmiddels op Onnies Online

Speel speletjies in jou klas

Moenie moed opgee nie!

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.