Share This Post

Is die onderwys vir jou belonend, maar nie finansieel nie?

Is die onderwys vir jou belonend, maar nie finansieel nie?

Is die onderwys vir jou belonend, maar nie finansieel nie?


A + Students bied jou franchise-geleenthede waar jy steeds kan onderrig én geld kan verdien.

Die onderwys en om met kinders te werk is ongetwyfeld ‘n roeping en dis duidelik dat mens deesdae ‘n diep gedrewe passie daarvoor moet hê. Maar, ongelukkig is die beroep nie altyd bevredigend nie. Met vandag se ekonomiese druk, tesame met die uitdagings wat onderwysers in die praktyk beleef, is dit nie ‘n verrassing dat baie onderwysers die beroep verlaat wat hulle so lief het nie. Hulle is veral op soek na beter werksomstandighede en finansiële stabiliteit.

Dit hoef nie so te wees nie. A + Studente bied jou die geleentheid om vir jouself as onderwyser te werk, terwyl jy die voordele geniet van jou eie onafhanklike franchise-onderneming.


A + Students het die Japannese metode van wiskunde en rekenkunde deur middel van die gebruik van die abakus op nuwe vlakke aangepak. A+ Students is al langer as 13 jaar in besigheid en kan spog dat daar al meer as 30 000 studente van die program gebruik gemaak het.


Die woord wiskunde is genoeg om die meeste mense af te skrik en die vraag op almal se lippe is: moet jy ‘n wiskunde-onderwyser wees om ‘n A + Students-franchisee te word? Die eenvoudige antwoord is NEE! Ons soek mense wat ‘n passie het om kinders te onderrig en lief te hê. Volledige opleiding word by ons Johannesburgse Hoofkantoor verskaf, sowel as deurlopende opleiding om jou vaardigheidsvlakke te bevorder.


Die kostes van franchises begin by R175 000 plus BTW en sodra dit gekoop is en opleiding suksesvol afgehandel is, kan jy begin met onderrig by skole, kleuterskole, dagsorgsentrums, kerke, ens. Sodra dit gevestig is en jou besigheid groei, begin ons die proses van die verkryging van ‘n permanente perseel wat ‘n kantoor, ‘n klein winkel in ‘n sentrum, ens. kan wees. Die lokaal word dan aan ons spesifikasies toegerus. Om ‘n permanente onderwyslokaal te hê, bied nie net stabiliteit ten opsigte van die onderrig van die standaard A+ Students kursusse nie, maar kan ook jou besigheid uitbrei om wiskunde-klasse vir graad 4 tot Graad 12 aan te bied. Weereens hoef jy nie ‘n gekwalifiseerde wiskunde-onderwyser te wees nie, omdat ons eksterne onderwysers en universiteitsgraduandi hiervoor gebruik.


A + Students. Die oplossing om skool te hou ėn geld te maak!


Besoek A+ Students se ​​webwerf www.aplusstudents.co.za of skakel Andy 084 973 0851 vir meer inligting.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.