Share This Post

Verkoop jou hulpmiddels aanlyn!

Verkoop jou hulpmiddels aanlyn!

Teacha! Die aanlynwinkel vir Suid-Afrikaanse onnies, deur Suid-Afrikaanse onnies.

Teacha – die aanlyn-markplek vir Suid-Afrikaanse onderwyserhulpmiddels – groei elke dag. Meer as 60 onnies verkoop nou al meer as 2000 hulpmiddels en honderdduisende rande is al aan hierdie entrepreneur-onnies uitbetaal.

So, hoe werk hierdie aanlyn-gedoente?

Jy is ‘n onnie, jy maak daagliks uitstekende hulpmiddels vir jou leerders, spandeer ure aan daardie perfekte les, skryf lesplanne uit, maak flitskaarte, aanbiedings, werkkaarte en allerlei ditjies en datjies wat jou lesse die beste maak. Nou het jy dit een keer gebruik en wag tot volgende jaar (dis nou as jy dit weer gaan gebruik!). Dis waar Teacha in die prentjie kom. Jy kan al hierdie harde werk van jou op Teacha laai. Maak seker daar is ‘n foto (sommer ‘n screenshot) en ‘n goeie beskrywing, heg jou produk aan, stel jou prys en begin verkoop. Elke twee maande sal jy jou kommissie ontvang indien jy produkte verkoop het. Dis maklik en vinnig en jy hoef niks te doen nie. Geen e-posse en bankbesonderhede en mense wat sê hulle het betaal dan het hulle nog nie en allerhande nonsens nie – Teacha maak seker dat al jou verkope vlot verloop. Teacha word deur meer as 25000 mense besoek elke maand!

Nog nie seker nie? Hier is nog paar redes:

Maak Geld

Kom ons wees eerlik. Onnies in Suid-Afrika werk heeltemal te hard en word heeltemal te min betaal. Daardie ‘fantastiese skoolvakansies’ waaroor die publiek so aangaan word darem maar baie lank sonder enige ekstra inkomste. So, hoekom maak jy nie die meeste van al die oortyd wat jy werk nie? Maak ekstra geld deur ‘n onniepreneur te word. Moet net nie jou pryse te duur maak nie, onthou onnies moet dit nog koop ook. Indien jy jou hulpmiddels op jou eie webtuiste of op Facebook verkoop, mag jy dit op Teacha ook verkoop.

Kry terugvoering

Wanneer jou hulpmiddels op Teacha is, kan die onnies wat dit gekoop het kommentaar daarop lewer. Dit beteken dat hulle jou dan ook help om die produk te verbeter indien hulle enige kommentaar het. Ander onnies wat belangstel in jou hulpmiddels sal dan ook sien dat jou hulpmiddels van uitstekende gehalte is.

Hoera vir tuisskolers en ouers!

Talle Suid-Afrikaanse leerders word tuis opgevoed. Ouers wat hul leerders by die huis wil help het ook nou toegang tot honderde hulpmiddels wat hulle met die opvoeding van hul kinders kan help. In plaas daarvan om ‘n plaas se geld vir ‘n paar boekies te koop, kan ouers mos spesifieke hulpmiddels aflaai wat hul bloeitjies kan help. Dit alles in ‘n paar minute, maak nie saak waar in die wêreld hulle is nie.

Gratis hulpmiddels bevorder onderrig in Suid-Afrika

Daar is baie gratis hulpmiddels op Teacha. Teacha wil graag hê dat onnies hulle hulpmiddels moet deel, al beteken dit dat hulle dit verniet ook doen. Baie onnies wil ook sien wat die kwaliteit van hulpmiddels is voordat hulle iets koop, daarom is dit goed om gratis hulpmiddels ook op jou winkel te laai.

Daar is ook omtrent glad nie hulpmiddels aanlyn in Suid-Afrikaanse tale anders as Engels nie. Omdat daar so baie tale van onderrig en leer in Suid-Afrika is, is Teacha die perfekte plek om hulpmiddels in ander tale te deel, veral in Afrikaans. Daar is nog nie hulpmiddels in ander Afrika-tale nie, maar daar word gehoop dat daar binnekort baie sal opgelaai word, veral noudat skole ‘n derde taal gaan moet aanbied.

Onnies se kennis is uiters waardevol

Ons as onnies is mos meesters in ons velde. Gaan jy iemand wat nog nooit voor ‘n klas gestaan het nie vertrou om vir jou te sê wat om in jou klas te doen? Nee! Ons kan mos mekaar vertrou. Onnies help onnies op Teacha en veral nuwe onnies en onnies wat nog bietjie sukkel kan baie deur Teacha gehelp word. Ons almal was daar! Help ander om tyd te spaar en ‘n ekstra geld te maak.

Indien jy nog nie ‘n winkel op Teacha oopgemaak het nie, doen dit vandag nog!

Belangrike dinge om te weet wanneer jy hulpmiddels op TEACHA! verkoop:

  • Die inhoud van jou hulpmiddels MOET oorspronklik wees. Jy kan nie iets oortik uit ‘n handboek en dan sê dis joune nie.
  • Indien iemand anders se werk (foto’s, grafika, teks, enigiets wat jy nie self gemaak het nie) in die produk is, MOET jy toestemming hê vir kommersiële gebruik. Daar is baie maniere om gratis prentjies te kry, maar as jy dit net van Google Images gehaal het, is daar ‘n kans dat die eienaar daarvan jou kan dagvaar.
  • Lees mooi wat jou kontrak sê oor intellektuele eiendom. Dalk mag jy nie die hulpmiddels verkoop wat jy vir jou klas gemaak het nie – of jy moet toestemming kry.
  • Wat kan jy verkoop? Enige iets wat jy in jou klas gebruik. Vraestelle, werkkaarte, PowerPoints, lesplanne, digitale plakkate, werkboekies, ens!

Vind uit hoe dit werk hier!

Sien Onnies Online se hulpmiddels op Teacha!

Blaai deur Afrikaanse hulpmiddels

Besigtig alle hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.