Share This Post

Hulpmiddels vir VOO-Afrikaansonderwysers

Hulpmiddels vir VOO-Afrikaansonderwysers

Hier volg ‘n paar hulpmiddels wat gemaak is deur onderwysers, vir ander onderwysers. Die hulpmiddels is alles op TEACHA! te koop in die onderwysers se eie winkels. Hierdie uitstekende hulpmiddels sal definitief Afrikaansonderwysers help om tyd te bespaar. Gaan kyk!

Opsommings: Inleiding (CAPS) deur Letters in stories

Die voorlegging neem die klas saam deur die ontwikkeling van opsomvaardighede. Dit gebruik die CAPS-formaat en som 7 feite op. Ook beskikbaar vir IEB-standaarde. Gaan kyk!

Skryftaak: E-pos deur Letters in stories

‘n Taak wat leerders die formaat en inhoud van ‘n e-pos leer. Dit gee ook ‘n voorstel van ‘n taak wat leerder aan hulself in die toekoms kan skryf en ‘n webblad wat dit vir hulle dan sal aflewer. Gaan kyk!

Twee ysbrekers – Wie is jy? en Vind iemand wat… deur Gladdebek

Skop die nuwe jaar af met twee prettige aktiwiteite vir die taalklas.
‘Wie is jy?’ daag leerders uit om oor hulself te skryf. Dit kan ook as pre-skryfaktiwiteit vir ‘n opstel gebruik word.
‘Vind iemand wat…’ is ideaal vir leerders wat mekaar nog nie goed ken nie, soos nuwe graad 8’s.
Geskik vir Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal graad 7 – 12. Gaan kyk!

Skryf joernaal (1) deur Butterflyclassrooms

skryf-journaal-instruksies

Voel jy ook dat jou leerders meer geleentheid moet kry om te skryf? Ongelukkig is daar net nie tyd om gereeld nuwe skryf opdragte uit te deel en weer in te neem nie. Hierdie skryf joernaal maak gebruik van Google Slides sodat jy die opdragte aan die begin van die jaar kan uitdeel en weer lees wanneer jy ookal ‘n tydjie het.
Dit sluit 40 verskillende onderwerpe/idees vir skryfstukke van 300-500 woorde. Gaan kyk!

Praat! Mondeling – ’n Hulpgids vir Afrikaans Huistaal Graad 10-12 deur Spraakborrel

‘n Volledige gids vir onderwysers en ouers
Voorbereide en onvoorbereide toesprake, luisterbegripsoefeninge

*Hoe om die opdragte op te stel
*Raad oor hoe om mondeling te assesseer en na te sien
*Voorbeeldassesserings vir toesprake met rubrieke
*’n Volledige luistertoets met memorandum

Gaan kyk!

My opstel: Hoe kan ek verbeter? deur Onnies Online

my-opstel-produk-voorblad

Help jou leerders om hul skryfwerk te verbeter deur konkrete terugvoering te gee. Rooi strepe op ‘n opstel was nog nooit goed vir enige kind se selfbeeld nie. Gaan kyk!

Kyk ook in die onnies se winkels vir ander nuttige hulpmiddels wat nie hier gelys is nie!

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.